The clever man knows many ways, the wise man knows the right way.

- CJ Langenhoven

Let's get social

24February2013
PrintE-mail
administrator

Afskryf of vermindering van skuld - Nuwe wetgewing

Sedert kapitaalwins sy verskyning op ons belastingwetboeke gemaak het, was paragraaf 12(5) van die 8ste Bylae tot die Inkomstebelastingwet n kopseer vir boedelbeplanners en trustadministrateurs.  

Hierdie paragraaf het bepaal dat indien n skuldeiser n skuld verminder of afgeskryf het die skuldenaar belasbaar word vir kapitaalwinsbelasting op die bedrag wat verminder of afgeskryf is.  

By die beplanning van testamente het hierdie bepaling meegebring dat testamente baie versigtig bewoord moes word.  Dit gebeur dikwels dat erfgename lenings verskuldig is aan testateurs.  So byvoorbeeld skuld kinders dikwels geld aan hul ouers of is n familietrust n lening verskuldig aan die testateur vir bedrae geleen gedurende die testateur se leeftyd.

Indien die testateur dus in sy testament bepaal dat die skuldenaar (bv. sy kind of die trust) nie die verskuldigde bedrag hoef terug te betaal nie, was paragraaf 12(5) van toepassing aangesien daar n afskrywing van die skuld was.


By trustadministrasie het die volgende situasie hom dikwels voorgedoen:

n Boedelbeplanner sou groeiende bates soos aandele of onroerende eiendom aan n trust verkoop om die groei daarvan in sy persoonlike boedel te verhoed.  
Die verkoopprys sal as n uitstaande lening steeds aan die boedelbeplanner verskuldig bly.  
Die boedelbeplanner het dan jaarliks R100 000 (of tesame met sy gade, R200 000) van hierdie skuld afgeskryf.  
In terme van paragraaf 12(5) sou die afskrywing van skuld kapitaalwinsbelasting vir die trust veroorsaak.  
Aangesien die boedelbeplanner dit wou vermy, moes hy n bedrag van R100 000 aan die trust skenk (dws n tjek uitskryf en in die trust se bankrekening inbetaal) en daarna kon die trustees weer n soortgelyke bedrag aan hom terugbetaal as synde die terugbetaling van sy leningsrekening.  
Op hierdie manier het die leningsrekening verminder in die boeke van die trust en is die boedelbeplanner se boedel verklein.  
Indien die boedelbeplanner slegs die skuld sou afskryf, dws vir die trustees laat weet dat hulle nie R100 000 aan hom hoef terug te betaal nie, sou dit binne die bepalings van paragraaf 12(5) val en dus kapitaalwinsbelasting trek in die hande van die trust.  
Die oplossing was dus dat daar fisiese betalings gemaak moes word tussen die boedelbeplanner en die trust.  
Alhoewel hierdie uitruiling van tjeks ook aanvegbaar was (aangesien dit in effek neergekom het op n afskrywing van skuld) is dit in die praktyk so deur die belastingowerhede aanvaar.  

As gevolg van die bepalings van paragraaf 12(5) is twee belangrike hofsake naamlik ITC1793 en ITC1835 deur die belastinghof beslis.

In ITC1793 het n testatrise se testament onder andere soos volg bepaal:  

Ek bemaak my boedel soos volg:
1.1    Enige bedrag wat die ABC Familietrust onder leningsrekening aan my verskuldig mag wees aan gemelde trust.

Die hof het beslis dat die testatrise n situasie laat ontstaan het waar skuldvergelyking kon plaasvind.  
Die skuldenaar (die trust) hoef nie meer die bedrag aan die skuldeiser (die testatrise se boedel) terug te betaal nie.  
Dit word gelyk gestel aan die afskrywing van die trust se skuld vir geen vergoeding nie.   
Die skuld het as gevolg van skuldvergelyking tot niet gegaan het en gevolglik was paragraaf 12(5) van die 8ste skedule van toepassing..  
Kapitaalwinsbelasting was dus deur die trust betaalbaar op die bedrag van die skuld wat afgeskryf is deur die trust.

In ITC1835 het die testament bepaal dat die restant van die boedel aan die XXX Trust vererf onderhewig aan n vruggebruik van die langslewende gade tot sy of haar dood.

n Deel van die restantbates was n leningsrekening wat die trust verskuldig was aan die testatrise.  Hierdie lening het dus saam met die restant van die boedel aan die trust vererf.  
Die hof beslis dat die bedoeling van die testatrise nie was om die skuld af te skryf toe sy hierdie bemaking gedoen het nie.  Die hof bevind dus dat paragraaf 12(5) nie in hierdie geval van toepassing is nie. Die trust hoef gevolglik nie belasting te betaal op die bedrag van die skuld wat as deel van die restant van die boedel aan die trust vererf nie.

Die uitspraak in hierdie hofsaak het dit duidelik gemaak dat dit die bedoeling van die testateur is wat gaan bepaal of n skuld in die o van die Ontvanger afgeskryf word, al dan nie.

Die volgende bewoording het dus in testamente verskyn:

1.    Ek bemaak n kontantbedrag gelykstaande aan die bedrag wat die BBB Trust aan my verskuldig is, aan die gemelde trust.  Ek bepaal verder dat dit nie my bedoeling is dat die Trust se skuld afgeskryf moet word nie, maar dat my eksekuteur die bedrag van die BBB Trust moet vorder.

2.    Ek bemaak die bedrag wat die BBB Trust aan my verskuldig is, aan die trustees van die testamentre trust geskep in hierdie testament. (In so n geval sal die begunstigdes van die inter vivos trust en die begunstigdes van die testamentre trust dieselfde persone wees.)  Wanneer die inter vivos trust beindig word, sal die lening aan die testamentre trust terugbetaal word waarvandaan die kapitaal aan dieselfde begunstigdes uitgekeer word.

Bogemelde oplossings het praktiese probleme meegebring deurdat sommiges hiervan nog steeds gesien kon word as n skema om skuld af te skryf en dus aanvegbaar was deur die belastingowerheid.   
Verder skep hierdie tipe bepalings bepaalde kontantvloei-probleme deurdat die skuldenaar geld sou moes gaan leen by n bank om op die korttermyn die skuld te finansier.
In die geval waar die lening aan n testamentre trust bemaak word, het dit meegebring dat daardie trust opgerig, bestuur en beindig moes word met die gepaardgaande administratiewe koste daaraan verbonde.

Op 1 Januarie 2013 is paragraaf 12(5) van die 8ste Bylae herroep en vervang met Artikel 12A.  
Hierdie artikel bepaal nog steeds dat wanneer n skuld verminder of afgeskryf word, die skuldenaar aanspreeklik word vir kapitaalwinsbelasting ten opsigte van die afskrywing of vermindering, maar het twee baie belangrike uitsonderings:

1.    Waar die skuld verskuldig was aan n bestorwe boedel en dit eiendom van die boedel was (soos in die Boedelbelastingwet gedefinieer) en hierdie skuld tot voordeel van n legataris of erfgenaam verminder word, sal Artikel 12A nie toepassing vind nie.

2.    Wanneer die skuld wat afgeskrywe word as n geskenk of n geagte geskenk vir geskenkebelastingdoeleindes geklassifiseer kan word, sal KWB ook nie van toepassing wees nie.


GEVOLGTREKKING

Uit voorgaande is dit nou duidelik dat testateurs weer in hulle testamente kan inskryf dat hulle n leningsrekening of n bedrag wat verskuldig is aan die betrokke skuldenaar kan bemaak of dat die skuldenaar dit nie hoef terug te betaal nie.  Die rede hiervoor is dat Artikel 12A nou bepaal dat indien daardie lening n bate in die oorlede se boedel is, dit nie vir kapitaalwinsbelasting inaggeneem gaan word wanneer die skuld afgeskryf word nie.

Die tweede belangrike verandering is dat skuldeisers van trusts nou bloot deur n afskrywing van R100 000 per persoon die skuld kan verminder.  So n aksie sal nie kapitaalwinsbelasting veroorsaak nie aangesien dit onderhewig is aan geskenkebelasting.  Solank as wat die bedrag wat so afgeskryf word, minder is as die R100 000 wat beskikbaar is vir belastingvrye geskenke gedurende n jaar, sal geen belasting op so n afskrywing betaalbaar wees nie.

Dit is gevolglik belangrik dat klinte nou ingelig word van die verandering in wetgewing.  Daardie klinte wie se testamente die gekunstelde metodes van terugbetaling van lenings bevat, behoort hulle testamente te laat hersien sodat die eenvoudige manier van n afskrywing van skuld toepassing kan vind in hulle testamente.